MOSSELBAAI NUUS - Na suksesvolle senior Sokker-Wêreldbekertoernooie sedert 1990 het Nigel Cowley die junior toernooi in 2017 geloods.
Die projek is om die jong 14 – 18-jariges besig te hou tydens die Junie/Julie vakansie.
Die toernooi is die jaar geskuif na die Paasnaweek aangesien Covid in die verlede die toernooi in die wiele gery het.
Hierdie jaar het die wedstryde Vrydag, 15 April by die Greenhaven sportgronde begin en duur tot Maandag 18 April.
Agt spanne ding mee en die finale wedstryde word Maandag afgehandel. Met name vir die spanne soos Germany, Rusland, Jamaica, Switserland ens., is die kompetisie tussen die speler baie geesdriftig.
Verskeie rolspelers en borge is betrokke by die suksesvolle toernooi.
Spelers en rolspelers tydens dié Paasnaweek se junior Sokker-Wêreldbekertoernooi op Grootbrak:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'