MOSSELBAAI NUUS - 'n Totaal van 22 atlete van Hoërskool Punt het die afgelope naweek aan die Wes-Kaapse atletiekkampioenskap in die Paarl deelgeneem.
Punt se atlete het 'n total van 12 medaljes verower, waarvan vier goue medaljes is.
Uitslae
- Mia Herselman: meisies o/14 - verspring (silwer);
- Walter van Rensburg: seuns o/14 - werpskyf (goud), gewigstoot (silwer);
- Andreas Badenhorst: seuns o/14 - spiesgooi (goud);
- Mieke Coetzee: meisies o/15 - hamergooi (brons), gewigstoot (brons), werpskyf (silwer);
- Jandri Snyders: meisies o/19 - 800m (goud);
- Anika Beukes: meisies o/19 - 200m (goud), 100m (silwer), driesprong (brons);
- Anika Snyders: meisies o/19 - spiesgooi (silwer);
- Amone Billing: meisies o/15 - 200m, 7de, 100m, 6de, 300m hekkies, 6de;
- Joalize Steyn: meisies o/17 - 200m, 6de, 100m, 6de;
- Anika Fourie: meisies o/17 - 100m, 10de;
- Christin du Plessis: meisies o/14 - spiesgooi, 7de;
- Mia Herselman: meisies o/14 - 100m, 7de;
- Dylan Boshoff: seuns o/19 - werpskyf, 6de, gewigstoot, 6de;
- Andreas Badenhorst: seuns o/14 - 300m hekkies, 6de;
- Antorien Alberts: meisies o/19 - verspring, 7de;
- Zhandre Hatting: seuns o/17 - 2 000m hindernis, 5de, 500m, 6de;
- Qure Roets: meisies o/14 - 5 000m stap, 4de;
- Henco Swanepoel: seuns o/15 - hamergooi, 6de;
- Lara Lubbe: meisies o/17 - 300m hekkies, 6de;
- Lee Wildemans: seuns o/17 - 100m, 6de;
- Kunene Gadu: meisies o/15 - driesprong, 8ste;
- Chrizanne Swart: meisies o/14 - gewigstoot, 4de;
- Dian Barkhuizen: seuns o/15 - 3 000m, 10de.
Anika Beukes, Mieke Coetzee en Jandri Snyders is in die Wes-Kaap skole-atletiekspan opgeneem om aan die SA-skolekampioenskappe te gaan deelneem.
Punt se atlete, voor: Kunene Gadu, Dian Barkhuizen, Andreas Badenhorst, Chrizanne Swart, Christin du Plessis, Anika Fourie, Jandri Snyders, Amone Billing, Qure Roets en Lara Lubbe. Agter: Walter van Rensburg, Antorien Alberts, Mia Herselman, Zhandre Hattingh, Dylon Boshoff, Anika Beukes, Lee Wildemans, Joalize Steyn, Anika Snyders en Mieke Coetzee. Afwesig: Henco Swanepoel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'