Die halfmarathon is deur George-atleet, Lloyd Bosman, gewen met sy klubmaat van die Nedbank RC, Melissa van Rensburg, wat die vroue-afdeling gebuit het.
Die 10 km-afstand is ook deur twee Nedebank-atlete gewen toe Alfonso Pieterse en Marie Wolmarans onderskeidelik die mans- en vroue wedlope gewen het.
Die wedloop, wat vanjaar weer 'n groot aantal atlete gelok het, het onder ideale weersomstandighede aangebied en goeie tye is opgestel. Outeniqua Harriers was die gasheerklub wat die gewilde wedloop reeds vir baie jare aanbied.
Uitslae:
21.1km:
Mans: 1. Lloyd Bosman (Nedbank RC) 1.14.41; 2. Vuyo Witbooi (Outeniqua Harriers) 1.17.30; 3. Melikaya Msizi (Knysna Marathon Club) 1.18.10.
Vroue: 1. Melissa van Rensburg (Nedbank) 1.30.31; 2. Helga Mathee (Nedbank) 1.33.07; 3. Sunelle Prinsloo 1.35.22.
Veterane mans: 1. Jacobus Boshoff (Nedbank) 1.30.33.
Veterane vroue: 1. Alison Jordaan (Nedbank) 1.36.26.
Meester mans: 1. Sydney Landsberg (Nedbank) 1,21,43.
Meester vroue: 1. Annetjie Botes (Nedbank) 1.38.21.
Grootmeester mans: 1. Plaatjie Cronjé (Outeniqua Harriers) 1.53.57.
Grootmeester vroue: 1. Toekie Steenkamp 2.00.34.
10km:
Mans: 1. Elfonso Pieterse (Nedbank) 34.38; 2. Mautitz Jansen van Rensburg (Outeniqua Harriers) 37.50; 3. Bradley Pienaar (Hartenbos Drawwers) 38.35.
Vroue: 1. Marie Wolmarans (Nedbank) 44.55; 2. Cecile Schultz 46.31; 3. Alicia Cawood (Nedbank) 49.29.
Veterane mans: 1. Mauritz Jansen van Rensburg Outeniqua Harriers 37.50.
Veterane vroue: 1 Margaret von Zeil 51.12.
Meesters mans: 1. Cornelius Bewee (Sedgefield Striders) 43.06.
Meester vroue: 1 Marie Wolmarans 44.55.
Grootmeester mans: 1. Christian Pienaar (Hartenbos) 51.49.
Grootmeester vroue: 1. Rhenia Niemand (Hartenbos) 1.06.32.
Junior meisie: 1. Donnick Gerber 54.57.

Die kategorie-wenners van die Palm Tyres-wedloop is van links (agter) Johann du Preez (president Outeniqua Harriers), Sidney Landsberg, Riaan Klue, Christian Pienaar, Melikaya Msizi, Bradley Pienaar, Helga Mathee, Aubrey Brinkhuys, Lloyd Bosman, Cornelius Bewee, Elfonso Pieterse en Vuyo Witbooi. Voor: Melissa van Rensburg, Anél Oosthuizen en Marie Wolmarans.