MOSSELBAAI NUUS - Die Hartenbos-drawwers het vanjaar 28 lede gehad wat die Twee Oseane se ultra- of halfmarathon in Kaapstad voltooi het.
Elf van hulle het die ultra (56 km) aangedurf en 17 het die 21 km voltooi.
Niël Kitching het beide die marathons én die veldwedloop voltooi, wat sy totale kilometers vir die naweek tot op 101 km gebring het.
Die klub het vir Dawie Zwiegelaar gelukgewens met sy merkwaardige 37ste Twee Oseane. Hy het in 1987 sy heel eerste een voltooi. Uit hierdie jare spog hy met 'n beste tyd van 04:34:24, wat beteken dat hy sy silwer medalje net-net gemis het.
Gareth Griffiths het sy 21ste ultra voltooi en spog ook met 'n beste tyd van 04:32:36 uit sy vroeër jare.
Ferdie Nel, voorsitter van die Hartenbos-drawwers, het tydens die klub se weeklikse tydtoets al die deelnemers hartlik gelukgewens. Hy voorspel dat die klub volgende jaar baie meer deelnemers gaan opdis.
Die lede wat die 56 km voltooi het, sluit in Chris Smit, Dawie Zwiegelaar, Eleen Thompson, Gareth Griffiths, Gerhard Beeslaar, Jimmy Robertson, Kleintjie van Schalkwyk, Niël Kitching, Pierrie Wessels, Prissie Muller en Rome Phillipson.
Die lede wat die 21.1 km voltooi het, sluit in Alwyn Muller, Amanda de Villiers, Amanda Labuschagne, Ananda Joubert, Annamaree van der Merwe, Chris de Wet, Hancke Erasmus, Jaco Botha, Jeanine Snyders, Jeanette Neethling, Ludwig Joubert, Mariaan Griffiths, Mia Swanepoel, Nina Muller, Petro Nel, Simóne Smit en Vuyiswa Dyantyi.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’