TUINROETE DISTRIK SPORTNUUS - Eden-driekamp het verlede Sondag sy eerste ligabyeenkoms vir die seisoen in Groot-Brakrivier aangebied.
Ten spyte van streng Covid-19-regulasies het 'n groot aantal atlete hul opwagting gemaak om aan die Eden-driekamp se drie dissiplines, swem, bergfiets en hardloop resies, deel te neem.
Die bestuur van Eden-driekamp het die atlete vir hul samewerking met betrekking tot die nuwe reëls en protokolle, bedank.
Gerhard Liebenberg, voorsitter van Eden-driekamp, het gesê dis verblydend om te sien dat heelwat juniors wat sedert hul kleuterdae aan Eden-driekamp se byeenkomste deelgeneem het, nou ook in die senior byeenkomste begin presteer.
Eden-driekamp se volgende liga-byeenkoms word vir 10 Januarie beplan.
Die geleentheid is onderhewig aan die finale goedkeuring van die owerhede. Almal is welkom om deel te neem. Dit sluit beginners, spanne en bergfietsryers ook in.
Uitslae
Sprint driekamp:
- Christian Hattingh;
- Schalk Meintjies;
- Madrè van Zyl.
Standaard driekamp:
- Kobus Meyer;
- Grant Lindique;
- Heinrich Muller.
Super sprint driekamp:
- Sebastiaan Swart;
- Morgan Jones;
- Lomè Gouws.
Lelane van der Merwe. Foto's: Deidré Cloete
Gurswin Robertson. Foto's: Deidré Cloete
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'