Maar die man van die reeks was beslis Amos Nyonga [Transnet AC] van Port Elizabeth. Hy hy sy erns bewys deur die reeks in te lei met ‘n skitterende droom-straatmyl van 3:55.60 tydens die Bestmed KLEIN KAROO Straatmyl op Oudtshoorn. Dit het hy opgevolg met ‘n wen tydens die Bestmed NMMU: [George Kampus] wedloop met ‘n tyd van 4:07.57 wat hy opvolg met ‘n wen in die Bestmed AKTV-Straatmyl in Hartenbos [4:02.16]. Hierdie puik prestasies het hom ook die wenner van die KOVSIES Gran Prix-prys vir mans gemaak! In die tweede plek op Hartenbos was Jeromy Andreas [4:03.40] en derde was Kabelo Melamu [4:03.50].
Die dames-afdeling het vir opwindende kompetiesie gesorg – die Bestmed KLEIN KAROO Straatmyl is gewen deur Kesa Molotsane [KOVSIES] gevolg deur die vorige jaar se wenner, Simonay Weitsz. Simonay verhang egter die bordjies op die Bestmed NMMU: [George Kampus] Straatmyl met Kesa tweede en toe kom Irvette van Zyl en krap die kaarte behoorlik deurmekaar en wen die Bestmed AKTV Straatmyl in Hartenbos. Tweede was Kesa Molotsane [4:51.74] en in die derde plek Simonya Weitsz [4:56.09]. Kesa Molotsane het egter genoeg punte opgebou in haar drie wedlope om as die KOVSIE Gran Prix wenner vir dames gekroon te word.
Die SWD-atlete se Gran Prix is gewen deur Ruben Dlepu [mans] en Bianca le Grange [dames]
Die uitslae van die Bestmed ATKV Straatmyle was as volg:
O/13 Dogters:
1. Nadia Potgieter [5:09.85], 2. Abigail Nelson [5:19.35], 3. Stephany Pedro [5:22.84]
0/13 Seuns:
1. Luther Blaauw [5:06:14], 2. Ian de Fouw [5:25.09], 3. Corne Fouw [5:32.09]
Junior Mans:
1. Kabelo Melamu [4:03.50], 2. George Kusche [4:05.90}, 3. McMarshall Hartzenberg [4:08.64],
Junior Dames:
1. Simonay Weitsz [4:56.09], 2. Chery-Lee Schoeman [5:02.96], 3. Shanley Koekemoer[5:16.45]
Mans 40+:
1. Selwyn Losper [5:19.66], 2. Jimmy Wright [5: 24.68], Derick Burger [5:53.98]
Dames 40+:
1. Lana Theunissen [5:45.71], 2. Phylis de Fouw [5:47.71], 3. Carla Rossouw [6:38.96]
Top 3 ASWD Mans:
1. Ruben Dlepu [4:12.89], 2. Godwin Heyns [4:14.64], 3. Dullan Solomons [4:27.91]
Top 3 ASWD Dames: