MOSSELBAAI ATLETIEKNUUS - Die 13-jarige graad 8-leerder van Hoërskool Punt, Mieke Coetzee het by die pas afgelope SA Junior-atletiekkampioenskappe as lid van die SWD-atletiekspan 'n brons medalje in die hammergooi vir meisies o/16 verower.
Mieke het teen 17 ander deelnemers gekompeteer en besonder goed presteer om 'n derde plek in die o/16-afdeling te kon behaal.
Sy was ook in die finaal vir die diskus-item waaraan 32 atlete in haar afdeling deelgeneem het.
Wat hierdie prestasie nog meer merkwaardig maak, is dat haar ma, Marilize Coetzee, 'n Springbok-atleet, haar afrig en ook gekies is as die spanafrigter.
Sy volg beslis in haar ma se voetspore wat al by meer as 40 SA-kampioen-skappe deelgeneem en verskeie SA-titels in die hammergooi en gewigstoot verower het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'