MOSSELBAAI ATLETIEKNUUS - Daar het groot opgewondenheid geheers tydens die amptelike bekendstelling van die 2021 Eden straatmylreeks by die ATKV Tarentaal konferensiesentrum op 10 November in Hartenbos.
Nadat Covid die 2020 reeks gekelder het, was dit nogal 'n groot en dapper besluit van die organisseersders, Klein Karoo Atletiek Fonds (KKAF) om die 2021-reeks weer aan te pak. Al die borge was egter positief vir die 2021 straatmyl.
Prysgeld van rondom R60 000 is op die spel en daar word gehoop dat die top atlete in die land weer eens hulle staal sal kom toon.
By die geleentheid het die nuwe burgermeester van Mosselbaai, raadslid Dirk Kotzè, die moontlikheid genoem dat die Mosselbaai munisipaliteit dalk meer betrokke kan raak.
Shireen Noble, Atletiek Suid-Afrika (ASA) se vise-president, het die verrigtinge afgesluit deur die reeks amptelik geopen te verklaar.
Lees meer oor die Eden straatmyl in Mossel Bay Advertiser 19 November.
Agter vlnr: Dave van der Walt [KKAF], Donovan Claassen [MBM Raadslid - Sport], Jean Neethling [DCAS], Karen Phipson [ATKV], Dirk Kotzé [MB Burgermeester], DB Prinsloo [UV]
Voor: Jerry Matsoa [NWU HPI], Ruben Gouws [NWU HPI], Hans van der Veen [KKAF]. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'