Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Man is vanoggend, 9 April, inhegtenis geneem in verband met die wrede moord op Almay Hurling (21) wat oor die naweek ter ruste gelê is.
Hurling se moord het groot opslae gemaak weens die brutaliteit daarvan; sy is oorlede weens veelvuldige steekwonde.
Volgens Sersant Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is die verdagte tans in George-hospitaal onder polisie-bewaking.
Vorige artikel: Moord op 21-jarige in ouerhuis
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’