Jordaan, president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), het trouens self so gesê op ’n vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor sport wat in April 2013 gehou is.
Volgens notules van dié vergadering het Jordaan en ander Safa-grootkoppe hulle voor die komitee kom verdedig ná bewerings dat Safa Wêreldbeker-geld misbruik het om ’n rits Mercedes-Benz-motors vir al sy streekspresidente te koop.