STILBAAI NUUS - 'n Interessante proe-geleentheid, oor twee dae, word gedurende die April-skoolvakansie hier aangebied met die Stilbaai Craft Beer, Gin and Wine Expo wat op 4 en 5 April in die gemeenskapsaal plaasvind.
Volgens die organiseerders word nie minder nie as 23 top wynplase van die Riversdal- en Herbertsdale-omgewings en tot sover as die Karoo, Robertson-wynvallei, Stellenbosch en die Kaap, asook die Hermanus- en Agulhas-omgewings verwag met heelparty wynmakers en eienaars wat self hul wyne gaan verteenwoordig.