Die prentjie wat daar op hom gewag het, is iets wat niemand behoort te beleef nie.
Sy pa, ook Robert (68), en stiefma, Una Lotter (64), is vermoedelik Sondag deur hul moordenaars oorval. Robert se lyk is enkele meters van die plaashuis gevind.
“Daar was beslis ’n struweling tussen my pa en sy moordenaars, maar hulle het uiteindelik sy dood veroorsaak deur hom met groot klippe teen die kop te slaan,” het Robert Jnr gesê.
Una Lotter se oorskot is eers Maandag later, na ’n groot soektog, in die afgebrande plaashuis onder ’n sinkplaat gevind.
“Ons sal waarskynlik nooit weet wat die presiese oorsaak van haar dood was nie,” het Robert gesê.