Update
MOSSELBAAI NUUS - Die vrou wat op 27 April by die rotse naby die hawe op Mosselbaai uitgespoel het, is aan verdrinking dood.
'n Nadoodse ondersoek het die oorsaak van haar dood bepaal.
Intussen het die polisie bevestig dat haar familie haar op Dinsdag, 3 Mei uitgeken het. Die oorledene, Mellonise Matthysen (34) is van Swellendam.
Matthysen se liggaam het om ongeveer 12:00 op die betrokke dag uitgespoel.
Dit volg nadat 'n stapper aan die polisie gerapporteer het dat hy op 25 April 'n vrou in die water tussen die swemplek, Skurwebankies en Outerpool sien verdwyn het. Die polisie se soek-en-redding-span het dadelik na die vrou begin soek, maar kon niks kry nie.
Geen briewe of notas is as aanduiding vir haar dood agtergelaat nie.
Matthysen is sedert haar verdwyning as ‘n vermiste persoon op Swellendam gesoek. Die verbintenis met haar dood op Mosselbaai is eers later ondersoek.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'