Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die 23-jarige vrou wat daarvan beskuldig word dat sy 'n vierjarige seuntjie verskeie kere met 'n mes toegetakel het, verskyn weer op 24 Mei in die Mosselbaai-landdroshof op 'n aanklag van poging tot moord.
Die verdagte is intussen geïdentifiseer as Elrita Manewick (23). Manewick was die slagoffer se buurvrou.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die kleuter ten tye van die voorval op 12 April onder Manewick se sorg was.
Volgens die polisiekommunikasiebeampte, sers Laurianne Botha het die verdagte die ma van die seun geroep en hom vir haar deur 'n oop venster aangegee.
Die ma het toe minstens vier steekwonde aan die kind se kop, arm en rug opgemerk.
Die polisie is ontbied en die gemeenskap het gedreig om eie reg in hande te neem.
Die slagoffer is vir 'n paar dae in 'n Mosselbaaise hospitaal behandel en het intussen van sy beserings herstel.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'