MOSSELBAAI NUUS - Die 94-jarige Marie Fick het onlangs in Mosselbaai met die glykabel by die Punt oor die see gegaan.
Marie, ‘n inwoner van Bloemfontein het by haar dogter op Danabaai gekuier en toe besluit om waaghalsig te raak.
Marie se man, ds Uys Fick is reeds nege jaar oorlede. Sy het lag-lag oor die see gegly en het nie ‘n banghaar op haar kop nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'