GROOT-BRAKRIVIER NUUS - ‘n 41-jarige vrou is in die vroeë oggendure van vandag, 15 Julie, in haar huis in Avonddans Landgoed, Groot-Brakrivier met 'n wapen gedreig tydens ‘n huisroof.
Volgens sers Laurianne Botha, woordvoerder vir die polisie op Groot Brak, is goedere ter waarde van R33 000 by die vrou gesteel.
Die verdagte het na bewering deur die huis se badkamer venster, wat op ‘n skrefie oop was, ingekom.
Hy het die vrou na bewering met ‘n mes gedreig en is daar weg met ‘n skootrekenaar, iPhone en beursie met kaarte. Dit was ná hy haar in ‘n kamer toegesluit het.
‘n Saak van huisroof word ondersoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’