Update
MOSSELBAAI NUUS - Mossel Bay Advertiser het ‘n uitgebreide span fotograwe en joernaliste ontplooi om Sondag se Ironman Isuzu 70.3 te dek.
Die manswenner is Suid-Afrika se Matthew Ralphs.
Die vrouewenner, ook ‘n Suid-Afrikaner, is Mariella Sawyer.
Hoewel daar slegs ‘n paar atlete hul plek op die podium kon inneem, is Advertiser van mening dat elkeen wat deelgeneem het, ‘n wenner is.
Fotograaf Robert Crous het die fietsryers teen ‘n styl opdraende naby Herbertsdale afgeneem. Hy sê hy was verbaas oor hoe vriendelik en vrolik die atlete teenoor hom was.
Die dag sou beslis nie so ‘n sukses kon wees sonder die hordes ondersteuners nie.
Matthew Ralphs. Foto: Frikkie Kapp
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’