MOSSELBAAI NUUS - ’n Veroordeelde verkragter van Joe Slovo is gister in die Mosselbaai-streekhof tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis vir ’n verkragting op 1 Januarie, 2023, op Mosselbaai.
Die beskuldigde, Mzukisi Nyakaza, was ten tye van die verkragting uit op parool nadat hy tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis is vir ’n vorige verkragting in 2002.
Danksy AO Tata Marks van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, asook die aanklaer in die saak, Helga Goosen, is Nyakaza weer agter tralies.
Die 30-jarige slagoffer was op pad na haar vriend se huis toe Nyakaza haar voorgekeer het.
Hy het haar met ’n mes gedreig en aangerand voordat hy haar na ’n leë huis op Mosselbaai geneem het en verkrag het.
Marks het Nyakaza drie dae na die verkragting in hegtenis geneem.
AO Tata Marks.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’