Intussen het ligte reën oor Danabaai begin uitsak en sal die laaste paar plekke waar die vuur nog tot vanmiddag gesmeul het, waarskynlik oornag finaal geblus word.
Mosselbaai se Brand en Reddingsdiens het reeds sedert voor Kersfees tientalle brande in Mosselbaai en omgewing geblus. By twee geleenthede, op Danabaai en in die geval van wegholbrande in die Brandwag-omgewing, is lugsteun ingeroep en is daar telkens vir etlike dae deur al die rolspelers deurnag gewerk om die brande onder beheer te bring en te blus. Die oorsake van die brande word tans ondersoek.
Verskeie roetes, onder meer die N2, die R328 oor die Robinsonpas en die enigste toegangsroete na Danabaai, Floraweg, is by herhaling weens die vlamme en of digte mis tydens die brande vir verkeer gesluit.
- Dana Bay fire: Suspected arsonist arrested
- Dringende versoek aan Danabaai-inwoners
- Brand in Danabaai grootliks onder beheer
- Opvolg: Danabaai-brand
- Paaie gesluit om Danabaai-brande te blus
- Update: Mossel Bay fires
- Please exercise caution in adverse weather