Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Ses-en-twintigjarige man wat op aanklag van roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem is na 'n kettingbotsing waarin drie verkeersvoertuie op die R328 naby Sonskynvallei ook betrokke was, is die afgelope week op 'n waarskuwing vrygelaat om later vanjaar in die Mosselbaai-landdroshof te verskyn.
Die verdagte se identiteit mag nie bekend gemaak word tot na sy eerste hofverskyning nie.
Volgens die polisiekommunikasiebeampte, sers Chris Spies is daar nog heelwat ondersoekwerk vir die polisie om te doen en daarom het die verdagte nie in die hof verskyn nie.
Drie provinsiale verkeersbeamptes is in dié kettingbotsing wat op Saterdag, 18 Junie om ongeveer 20:00 plaasgevind het, beseer. Al drie het ernstige beserings opgedoen en was teen die ter perse gaan steeds in 'n Mosselbaaise hospitaal.
Na wat verneem word sluit die beserings sluit 'n gebreekte pelvis asook 'n beseerde oog in.
'n Volkswagen Polo met drie insittendes was ook in die botsing betrokke. Die drie insittendes het geen beserings opgedoen nie en het glo ongeskonde uit hul voertuig geklim.
Hoë spoed jaagtog
Volgens 'n betroubare bron het die verkeersbeamptes die Volkswagen vir etlike kilometer op 'n hoë spoed in drie verskillende verkeersvoertuie agternagesit.
Daar word beweer dat die bestuurder van die Volkswagen tydens die jaagtog glo skielik remme aangeslaan het, wat 'n kettingbotsing tot gevolg gehad het.
Hoof van die provinsiale verkeersdepartement op Drie verkeersbeamptes ernstig beseer op Mosselbaai, Reinet Sarikakis wou nie die beamptes se identiteite bekendmaak nie. "Ek wil hulle eers hul privaatheid gun en kans op herstel gee."
Die Da Gamaskop-polisie ondersoek 'n saak van roekelose en nalatige bestuur.
VIDEO VERSKAF:
Vorige artikels:
- Drie verkeersbeamptes ernstig beseer
- Man arrested after traffic vehicle crash
- Drie verkeersvoertuie in botsing betrokke
Die ongelukstoneel op die R328 naby Sonskynvallei.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'