Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Da Gamaskop-polisie op Mosselbaai ondersoek 'n saak van roekelose-en-nalatige bestuur nadat drie provinsiale verkeersvoertuie gisteraand op Saterdag, 18 Junie omstreeks 20:00 op die R328 naby Sonskynvallei in 'n botsing betrokke was.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Polisiewoordvoerder Adjudant Kappie Kapp sê daar is beserings aangemeld. Die aard van die beserings is nie tans aan die Mossel Bay Advertiser bekend nie.
Video verskaf:
Die toneel op die R328 nadat drie provinsiale verkeersvoertuie in 'n botsing betrokke was:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'