Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Groep besorgde gemeenskapsleiers, onder meer kerkleiers en verteenwoordigers van begrafnisondernemers in Mosselbaai, het vanoggend, Maandag 16 Julie, hul misnoë uitgespreek oor die drastiese verhoging van grafpryse.
Die groep het onder leiding van raadslid Dawid Kamfer (Icosa) besluit om 'n krisiskomitee te stig wat eersdaags 'n petisie aan die munisipaliteit sal bring om daarop aan te dring dat die verhoging dringend hersien en afgeskaal moet word.
Kyk 'n video hieronder.
Lees 'n verwante artikel: Grafkoste 'n gatslag
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'