MOSSELBAAI NUUSFLITS - Die polisie op Mosselbaai het ‘n verdagte gearresteer in verband met die ontvoering van ‘n 45-jarige vrou Maandag voor die Langeberg Mall.
Polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie sê die vrou het 'n saamry geleentheid gekry toe die man in sy bakkie met haar op die N2 in die rigting van PetroSA weggejaag het.
Pojie sê die 48-jarige verdagte het die slagoffer met ‘n mes gedreig, haar van haar selfoon beroof en haar verkrag.
Sy kon egter daarin slaag om te ontsnap deur uit die bewegende voertuig te spring waarna die man oor haar probeer ry het.
Die verdagte is in die woonbuurt Sonskynvallei naby Hartenbos gearresteer en sal môre in die Mosselbaai Landdroshof verskyn op aanklagte van roof, poging tot moord, verkagting en ontvoering.
Lees 'n verwante artikel | Vrou ontvoer: Polisie loods soektog
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'