MOSSELBAAI NUUS - Kunstenaars en weldoeners is besig om Brandwag in 'n skilderagtige dorp te omskep.
Onlangs het Mosselbaaiers, Marlise Bratt (25) en haar man, Jesse (31) wat vir die sendingsorganisasie, Youth With A Mission (YWAM) werk, huise op Brandwag in vrolike kleure nuut geverf.
Kort op die Bratts se hakke was Karli Stamhuis en Maylene de Waal, beide ook van Mosselbaai.
Saam met Karli en Maylene, het nóg inwoners van Mosselbaai na Brandwag vertrek om die twee by te staan om die huise met selfgeverfde kunswerke te verfraai.
Karli en Maylene het Van Gogh se Starry Night op een van die huise in Brandwag geverf.
"Ons nooi nog kunstenaars uit om saam met ons Brandwag se huise op te helder."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'