MOSSELBAAI NUUS - Die vakansie is hier en ouderge-woonte vra ouers die vraag: "Wat gaan ek doen met my kinders?"
Wel, verlede jaar is die eerste #ImagineKidz in Mosselbaai aangebied en dit was 'n enorme sukses.
Gedurende die Oktober-skoolvakansie, bied #ImagineKidz weer 'n drie dae vakansieprogram aan vir alle kinders van 10 tot 12 jaar oud.
Dit begin vandag, Maandag 2 Oktober en eindig op Woensdag, 4 Oktober. Dit word aangebied by Da Gama 36 (Mosselbaai AGS-gemeente) se fasiliteite en beloof om 'n opwindende program vir kinders te wees.
Gedurende die program, sal daar gefokus word op lekker aktiwiteite, pret en speletjies, praise and worship en vele meer, en boonop is daar ietsie te ete ook.
Die program begin daagliks om 08:00 en eindig om 14:00. Kinders kan 07:30 by Da Gama 36 afgelaai word, daar sal toesig wees.
Die idee van die program is om kinders toe te rus om verandering in hulle skole en huise te bring deur om Jesus se liefde uit te leef. Jesus se eie woorde aan sy dissipels was toe daar klomp kinders rondom hom saamgedrom het: "Verhinder hulle nie om na my toe te kom nie."
As volwassenes, behoort ons dieselfde te doen, kom ons verhinder nie ons kinders om na Jesus toe te gaan nie.
Kom ons help ons kinders om te leer van Jesus se liefde en hoe hulle dit kan prakties uitleef.
Die kostes van die program beloop R150 (vir die hele program).
Dit sluit in, alle aktiwiteite, ligte ete en die program in geheel. Kontak gerus vir Charné (044 690 3394) of stuur e-pos na steps@mosselbaaiags.co.za vir meer inligting of om jou kind in te skryf.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'