Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die twee beskuldigdes in die moordsaak van Theresa (Tess) Vister (43) wat in 2013 in Sonskynvallei vermoor is, word na verwagting vandag, Vrydag, 11 Februarie in die Mosselbaai-streekhof gevonnis.
Adrian White (26) en Eddie Jansen (50) verskyn voor streekslanddros Neels Nortje.
White is skuldig bevind aan die moord op Vister en Eddie is skuldig bevind dat hy White na die moord gehelp het om die daad te verbloem.
Dit was egter White wat Vister doodgemaak het.
Staatsaanklaer adv Michelle Weyers het tydens haar slotbetoë gesê die beskuldigdes toon geen berou nie.
Weyers het gesê White het geen respek vir vroue nie en dat nie een van die beskuldigdes die hof in hulle vertroue geneem het nie. Sy het ook aan Nortje gesê dat Vister nie net doodgemaak is nie, maar vooraf gemartel is.
Vister se dogter, Michelle (19) het in trane uitgebars tydens die hofverrigtinge.
Sy het aan die Mossel Bay Advertiser gesê sy was 12 jaar oud toe haar ma vermoor is. Michelle het gesê hulle familie hoop geregtigheid sal geskied.
VIDEO: Tess Vister se dogter gesels met Advertiser
Vister se ma, Sarah Michaels (75) en haar pa, Abraham Michaels (69) is ook vandag in die hof.
Beide beskuldigdes het vorige veroordelings. Die Mossel Bay Advertiser het in 2018 berig oor die ontvoering van ‘n 45-jarige vrou van Elangeni in KwaNonqaba buite haar werkplek in die Langeberg-winkelsentrum.
Die slagoffer is deur Jansen ontvoer en hy het op die N2 met haar weggejaag, haar met 'n mes gedreig en van haar selfoon en R100 kontant beroof voordat hy sy daarin kon slaag om uit die voertuig te spring. Jansen het haar egter met die bakkie probeer omry en bo-oor haar voet gery voordat hy op 'n plaaspad in die Mosselbaai-omgewing weggejaag het.
Hy dien tans 20 jaar gevangenisstraf vir sy skuldigbevinding op die voorval uit.
Verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'