Update
KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Die sterk wind en moeilike terrein waar 'n veldbrand Dinsdag, 11 Oktober agter die gruisgroewe langs die Klein-Brakrivier na Ruiterbospad gewoed het, het dit vir Mosselbaai brand -, redding - en rampbestuurdienste en ander dienste moeilik gemaak om die vuur onder beheer te kry.
Die terrein langs die gruisgroewe was onbegaanbaar vir die voertuie en brandspanne moes alternatiewe paaie vind.
Brandweerdienste is 14:30 na die toneel ontbied.
Die brand het vroegmiddag ontstaan en die brandweer van die Tuinroete-distrik is ook 15:30 na die toneel waar die brand tot laat Dinsdagaand in die rigting van Botlierskop beweeg het.
Grondspanne van Botlierskop het die brandweer bygestaan en verskeie boere met brandtoerusting het ook ingespring om die brand onder beheer te bring.
Vorige artikel: Wind jaag veldbrand
Toerusting is gebruik om op rowwe terrein die brand onder beheer te bring. Foto: Verskaf
Baie fynbos het in die slag gebly met die vuur wat deur die wind aangejaag is. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Klein-Brakrivier, Tuinroete nuus'