Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 54-jarige Freddie Tolman is in Desember 2014 op sy plaas, Outeniquabosch doodgeskiet.
Hoewel daar na bewering ses verdagtes by die moord betrokke was, is slegs een verdagte, die 34-jarige Lamlani Booi gearresteer.
Volgens getuies het die ses verdagtes na die moord ‘n voertuig op die R328-pad gekaap.
Booi word met die moord- én die kapingstoneel verbind deur middel van vingerafdrukke.
Booi word ook verbind met ‘n rooftog wat by die Mosselbaai Gholfklub in 2015 plaasgevind het.
Sy vingerafdrukke is op kleefband gevind wat tydens die rooftog gebruik is.
Vandag het Booi tydens kruisondervraging erken dat dit sy vingerafdrukke op die kleefband en op die gekaapte voertuig is.
Sy verweer is dat die kapers voor hom gestop en weggehardloop het terwyl hy besig was om te ryloop.
Hy was glo bang en het voor die voertuig gehurk en toe aan die voertuig gevat.
Booi sê hy het kleefband gebruik maar kon nie verduidelik hoe die eindste kleefband in die Mosselbaai Gholfklub beland het nie.
Die saak duur môre voort.
Klik hier vir vorige artikels:
- Boer se moordsaak weer voor
- Boer se vermeende moordenaar in hof
- Vermoorde boer se vrou getuig
- Verdagte in plaasmoord in hof
- Plaasmoord: verdagte in hof
- Plaasmoord: 'n jaar later
- Boerse moord: "Ek mis hom elke dag"
- Opvolg: Nog geen arrestasie ná moord op boer
- Bekende boer sterf in plaasaanval
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'