MOSSELBAAI NUUSFLITS - Die staat het vandag sy eerste getuie in die verhoor van ‘n man wat na bewering ‘n boer van Hartenbos vermoor het, in die hoër hof op Mosselbaai geroep.
Die 34-jarige verdagte, Lamlani Booi is die enigste van ses verdagtes wat na die moord op Freddie Tolman deur die polisie vasgetrek is.
Mariana Tolman, Freddie se vrou het aan die hof gese dat sy op die oggend van die moord op die 17de Desember 2014 geweerskote gehoor het.
Tolman is deur ses verdagtes op sy plaas Outeniquabosch voorgelê toe hy onderweg was om plaaswerkers op te laai.
Die verdagtes het ‘n versperring in die grondpad gemaak en op Tolman geskiet.
Mariana het aan die hof gesê dat sy nie vir Booi ken nie.
Booi word met die misdaadtoneel deur vingerafdrukke verbind. Die saak duur more voort.
Klik hier vir vorige artikels:
- Verdagte in plaasmoord in hof
- Plaasmoord: verdagte in hof
- Plaasmoord: 'n jaar later
- Boerse moord: "Ek mis hom elke dag"
- Opvolg: Nog geen arrestasie ná moord op boer
- Bekende boer sterf in plaasaanval
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'