Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Een van die groot attraksies van Mosselbaai is die St Blaize-staproete, maar dit verg deesdae ingryping weens ongewenste persone wat die area beset.
Op Dinsdag, 28 Junie het verskeie rolspelers die gedeelte vanaf die zipline se beginpunt tot by die vuurtoring die bosse en grotte deursoek en verskeie haweloses se slaapplekke is verwyder.
FOTOGALERY: Skoonmaak van St Blaize staproete
Een man is tydens die operasie aangekeer vir vermoedelike besit van gesteelde goedere en is op die toneel deur die polisie verwyder. Meeste van die slaapplekke is tydens die skoonmaakoperasie opgeruim. Kledingstukke, kabels, huishoudelike items, 'n matras en selfs 'n winkeltrollie is verwyder.
Volgens inligting is daar ongeveer 80 hawelose inwoners in die Mossel-baai-area en raak dit vir owerhede 'n groot probleem.
VIDEO - Skoonmaak van St Blaize staproete (Video: Jannie du Plessis).
Die grootste probleem lê egter by die publiek en vakansiegangers wat die haweloses bejammer. Die feit is egter dat haweloses geld vir dwelms aanwend en kos en klerasie verkwansels om dwelms te koop.
Die polisie op Mosselbaai is bewus en ken feitlik elkeen van die haweloses op hul name. Hulle is ook in besit van messte se agtergrondprofiele. Sommige van die haweloses is egter baie aggressief as gevolg van dwelmafhanklikheid. Veral tik is een van die dwelms wat gewoonlik agressie veroorsaak.
Die gronde wat beset word behoort hoofsaaklik aan Cape Nature, Transet en die munisipaliteit.
'n Tipiese slaapplek met klere, leë handsakke, kabels en verskeie items wat die St Blaize-staproete onooglik maak en die omgewing besoedel.
Die Mosselbaai SAPD, GPF, onderdorp-buurtwag, bodorp-buurtwag, Heiderand-buurtwag, Mosselbaai munisipale verkeer en munisipale wetstoepassers, die Mossel Bay Advertiser, Transnet asook Craig Viljoen en sy span het Dinsdag aan die operasie deelgeneem om nie net die gebied skoon te maak nie, maar dit ook veiliger te maak vir besoekers aan die St Blaize-roete.
Die St Blaize-staproete is 'n 13,5km-staproete wat ongeveer ses ure neem om te voltooi. Die roete, het al lewens geëis. Stappers wat nie vertroud is met die staproete van die Punt van Mosselbaai tot by Danabaai nie, moet hulself vergewis van die gevare op die roete.
Die roete loop langs die kuslyn en 'n groot gedeelte daarvan is op die kruingedeelte van die kranse, sowat 30m bokant seevlak. Verskeie paadjies gaan wel af na die see toe, maar stappers word nie aangeraai om na die seevlak te gaan nie. Erosie het baie van die paadjies na seevlak uitgespoel en kanse om te gly is groot.
Een van die 'grotbewoners' word hier beveel om sy goedjies te pak. Fotos: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'