Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die e-Sentrum in Sonskynvallei is bedrywig op 'n Dinsdagmiddag. Oral is kinders besig op rekenaars, terwyl die fasiliteerdeers tussen hulle rondbeweeg en leiding gee.
Die e-Sentrum in Sonskynvallei het vier jaar gelede begin en het intussen 'n baken van hoop geword vir baie leerders wat nie andersins toegang tot die internet, rekenaars of kursusse sou hê nie.
Rochelle Saaiman vertel dat 22 gegradueerdes verlede jaar sertifikate verwerf het. Die sentrum wat van 08:00 tot 17:00 oop is, maak 'n groot verskil in die gemeenskap.
"Die sentrum is hier vir almal, veral vir die jeug om hulle meer te ontwikkel en werk te kry." Laurenzo Joseph vertel dat hul drie kursusse aanbied, 'n basiese vaardigheidskursus, 'n e-learner kursus en 'n ICDL internasionale lisensie om met 'n rekenaar te werk wat baie deure vir jou oopmaak. Sy boodskap vir die jeug: "Die e-Sentrum is hier vir julle, dit bied baie geleenthede en ons help graag met werks-aansoeke en om CV's op te stel".
VIDEO - Die e-Sentrum in Sonskynvallei is 'n bedrywige plek waar die jeug hul vaardighede kan opskerp.
Rochelle Saaiman (sentrum administreerder) en Laurenzo Joseph, fasiliteerder by die e-Sentrum in Sonskynvallei.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’