MOSSELBAAI NUUS - ‘n Roudiens word op Woensdag, 23 Maart by Sao Bras Hoërskool vir Linton Standford (13) gehou.
Standford het op Saterdag, 19 Maart om ongeveer 15:00 by De Bakke-strand op Mosselbaai verdrink.
Die vermoede bestaan dat Standford en sy broer, Quinton (17) deur ‘n seestroom ingetrek is terwyl hulle geswem het.
Die seuns was saam met ander familielede by die strand om Standford se pleegma, Beaulah Simons (55) se onlangse verjaarsdag te vier.
Die Mossel Bay Advertiser het ‘n onderhoud met Simons gevoer. Lees meer in Vrydag se uitgawe.
Mosselbaai se burgemeester, Dirk Kotzé het Beaulah Simons (55), pleegma van Linton Standford (13) wat op Saterdag, 19 Maart by De Bakke-strand verdrink het besoek om medelye aan die familie te toon.
Verwante artikel: Dorp treur oor seun (13) se dood
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'