MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit het hul medelye getoon nadat ‘n Graad 8 leerder van Sao Bras Hoërskool op Saterdag, 19 Maart verdrink het.
Die oorledene, Linton Standford het by De Bakke-strand op Mosselbaai verdrink.
Woordvoerder van die nasionale seereddingsinstituut, André Fraser sê die 13-jarige Linton en sy 17-jarige broer het omstreek 15:00 in die moeilikheid beland terwyl hulle geswem het.
“Die ouer broer het sy jonger broer probeer help, maar hy het onder die water verdwyn. Die ouer seun kon daarin slaag om tot by die strand te swem,” sê Fraser.
Personeel van die NSRI het Linton uit die water op ‘n reddingsboot gelaai en kardiopulmonêre resussitasie op hom toegepas maar hy is later dood verklaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'