Video
MOSSELBAAI NUUS - So tuis soos ’n tjoppie op die vuur, so is dié Tjoppie tuis by die see.
Want wie het gesê ’n skaap kan nie sy lyf hond hou nie?
Tjoppie die skaapram is nie ’n nuwe gesig op Mosselbaai nie, maar hy laat beslis steeds die koppe draai wanneer mense hom en sy baas, Bennie Badenhorst, by die see gewaar. Hy is die ene hond in skaapsklere!
Sy laaste verskyning was Saterdag, 10 Mei, by Die Punt toe hy en Badenhorst ’n rustige stappie langs die see geniet het.
Tjoppie het, nes ’n hond, ’n halsband waaraan hy rondgelei word. ’n Mosselbaai-inwoner, Michael de Nobrega, het dié gesig op video gevang:
Mossel Bay Advertiser het op ’n vorige geleentheid by Badenhorst gaan aanklop om meer oor hierdie buitengewone paartjie uit te vind.
Lees meer en kyk ook na die video-onderhoud met Badenhorst hier: Tjoppie beslis geen swart skaap
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’