MOSSELBAAI NUUS - Marko Roodt, die 17-jarige seun wat op Donderdag 30 April naby De Bakke in Georgeweg in ’n motorfietsongeluk betrokke was, is tans in die hospitaal.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Na wat verneem word het Marko op sy motorfiets ’n ander voertuig van agter getref. Hy het ’n tibia-/fibula-fraktuur aan sy linkerbeen opgedoen.
Relay EMS het hom van die toneel af na Life Bay View-hospitaal geneem waar hy behandel en gestabiliseer is. Hy is later na die George-hospitaal vir ’n operasie aan sy been oorgeplaas.
“Sy linkerbeen het baie erg seergekry. Hy kan darem praat, maar het baie pyn,” het Marko se ma, Lu-Marie Swart, vanoggend, Maandag 4 Mei, gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’