Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Roudiens vind eerskomende Donderdag, 17 Augustus, plaas vir die vyf vissermanne, Jacob Kiewiet, Jason Pietersen, Wilton van Coller, Angelo Gelderbloem en Jacques Jacobs van die Dijaanda vissersboot, wat verlede Dinsdag, 8 Augustus, hul lewens verloor het toe dié skip in die vroeë oggendure sowat 5km wes van Gouritsmond teen die rotse geloop het.
Kerk- en gemeenskapsleiers het saam met die familielede het op 15 Augustus saam met die burgemeester, Dirk Kotzé en munisipale bestuurder, Colin Puren, vergader om te sien hoe die families bygestaan kan word in die moeilike tyd.
Die roudiens word om 19:00 by die All Saints kerk in D' Almeida gehou. Intussen is 'n fonds gestig om die behoeftige families by te staan met die begrafnisse.
Bankbesonderhede vir fondse/donasies:
Rek. Naam: Child Welfare Mossel Bay
Bank: FNB
Rek.nr: 62549212843
Takkode: 210314
Verw: Vissers Rampfonds
Bewys van betaling kan gestuur word na: office.mbaywelfare@gmail.com
Foto: Jannie du Plessis
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’