Video
MOSSELBAAI NUUS - Twee inwoners het onlangs op die pad langs die treinspoor tussen De Bakke en Santos (parallel met Georgeweg) op 'n groot aantal lêers en ander items afgekom.
Die inwoners stap gereeld hierdie roete. Hoe dié items daar beland het en waar dit vandaan kom, is egter 'n raaisel.
Volgens een van die inwoners was die lêers byna almal leeg en ook splinternuut met verskillende regsfirmas se name daarop geplak. Verder was daar ook onder meer houtplanke en 'n baadjie.
Die inwoner sê hulle het die Mosselbaai-munisipaliteit daarvan in kennis gestel en toe hulle onlangs weer daar verby is, was die items nie meer daar nie.
Video's en foto's is aan Mossel Bay Advertiser gestuur. Sien die video hier:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’