MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit het die tender vir die voorgenome zipline by die Punt gekanselleer.
Dit beteken egter nie dit is die einde van die voorgenome ontwikkeling nie.
Die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, sê slegs drie tenders is ontvang. Nadat 'n tender toegestaan is, het twee van die drie tenderaars teen die toekenning geappélleer.
Een van hierdie appélle het geslaag, maar die appél het die appéllant se tender nie suksesvol gemaak nie.
"Die munisipaliteit sal die spesifikasies vir die tender weer onder oë neem voordat die projek weer op tender geplaas word."
Lees 'n vorige aritkel: Zipline one step closer
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'