MOSSELBAAI NUUS - Verskeie inwoners van Santos Haven, 'n aftreeoord in Mosselbaai, se tuine is tydens die Mosselbaai-tuinbouklub se tuinkompetisie ten toon gestel.
Die inwoners se pragtige tuine is op 1 Oktober deur Lorraine Grassow, Mimmi Butler en Dawn Hammond beoordeel.
Die wenners is op 8 Oktober tydens die klub se prysuitdelingsfunksie by Santos Haven aangekondig.
Jaco Bothman, Santos Haven se bestuurder, sê sommige van die deelnemers is 90 jaar of ouer en versorg steeds aktief hul tuine.
Die kompetisie het verskeie kategorieë ingesluit, naamlik waterbesparende tuin, potplanttuin, klein tuin, mediumgrootte tuin en groot tuin.
Shirley Kimble, wenner van die potplanttuinkategorie, en Reneé Louw, voorsitter van die Mosselbaai-tuinbouklub. Foto: Verskaf
Die wenners is Gordon Saville (waterbesparende tuin), Shirley Kimble (potplanttuin), Raynier en Hendra Bekker (klein tuin), Yvonne Murphy (mediumgrootte tuin) en Louise Rossouw (groot tuin).
Reneé Louw en Gordon Saville, wenner van die waterbesparendetuinkategorie. Foto: Verskaf
Ná die prysuitdeling het die groep die pragtige wen-tuine besoek.
Reneé Louw, voorsitter van Mosselbaai-tuinbouklub, en Louise Rossouw, wenner van die groottuinkategorie. Foto: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’