HARTENBOS NUUS - Ná deelname aan die onlangse 2026-Eden-rolbaliga het vier spanne van die Hartenbos-rolbalklub teruggekeer met drie silwer medaljes en een goue medalje.
Die liga het op verskeie plekke regoor die Eden-distrik plaasgevind.
Elke span het vyf lede gehad.
Die span van Pat Stockwell, Charles Collin, Johan Marais, Renier Nel en Kobus Kriel was die wenners in die eersteliga-afdeling en het ’n goue medalje ontvang.
Drie spanne het tweede in hul afdelings geëindig en het elkeen ’n silwer medalje huis toe gebring.
Esmé Kruger, Carika de Beer, Marina Pretorius, Petro Lombaard en Nan Roos. Foto: Marita Carse
Esmé Kruger, Carika de Beer, Marina Pretorius, Petro Lombaard en Nan Roos het in die vroue se premierliga gespeel, terwyl Louis Visser, Kobus Kruger, Lukas van Vuuren, Jacques Kotze en Barry Gerber aan die derde mansliga deelgeneem het.
In die vierde mansliga was daar nog spelers van die Hartenbos-rolbalklub betrokke: Vlekkie Visser, Gert Kruger, Johan Feuth, Okkie Marais en Niel Prins.
Vlekkie Visser, Gert Kruger, Johan Feuth, Okkie Marais en Niel Prins. Foto: Marita Carse
Hartenbos-rolbalklub se wenners van ’n goue medalje: Pat Stockwell, Charles Collin, Johan Marais, Renier Nel en Kobus Kriel. Foto: Marita Carse
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’