Update
MOSSELBAAI NUUS - Die grootste glansgeleentheid op Hoërskool Punt se kalender naas die matriekafskeid, is die jaarlikse Starganza.
Die geleentheid is vir die eerste keer in 2000 gehou met Chantal Earl as die eerste Mej Starganza.
Die Starganza was die blink idee van skoolhoof, dr Eugene Mostert en onderwyseres, Almarie Fourie.
Tans is dit Tania de Kock wat die groot taak het om hierdie glansgeleentheid te organiseer. Tydens die geleentheid spog die 20 finaliste in verskeie kategorieë met hul loopplanktalente. Die gala-aand het verlede Vrydag in die volgepakte skoolsaal plaasgevind.
Die 2019-wenners is: Nikita Schutte (Mej Starganza), Reece Taljaard (Mnr Starganza 2019), Meghan Young (eerste prinses), Ian Visser (eerste prins), Cherise Ungerer (tweede prinses) en Sameer Matthews (tweede prins).
Lees 'n vorige artikel hier: Hoërskool punt leerders skitter
Die 20 finaliste en wenners van Starganza 2019.
Mej Starganza 2019 Nikita Schutte en Mnr Starganza 2019 Reece Taljaard.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'