Gallery Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Suid-Afrikaanse Polisie onder leiding van distrikskommisaris, generaal-majoor Norman Modishane, het Donderdag en Vrydag, 5 en 6 Januarie in die Mosselbaai-omgewing operasies uitgevoer as deel van hul hoë sigbaarheid-polisiëringsveldtog regoor die Tuinroete-streek.
Die inisiatief word die Safer Festive Season (SFS) genoem en is deel van die veldtog "More boots on the ground towards enhanced police visibility".
FOTOGALERY: Safer Festive Season (SFS) inisiatief
Tydens die polisie-optrede is dwelms met 'n geskatte straatwaarde van R315 600 gekonfiskeer. Volgens die polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sersant Chris Spies, is daar beslag gelê op heroïen, mandrax en 'n groot hoeveelheid tik. 'n Groot bedrag kontant wat die opbrengs van moontlike onwettige aktiwiteite is, is ook gevind.
Honderde daggaplante en groot hoeveel-hede alkohol is gekonfiskeer. Die Provinsiale Polisiekommissaris van die Wes-Kaap, luitenant-generaal Thembisile Patekile, was vol lof vir die toewyding waarmee ontplooide polisielede die SFS-operasies uitgevoer het en vir die groot hoeveelhede dwelms waarop daar beslag gelê is.
Volgens adjudant-offisier Pieter Koekemoer, kommunikasiebeampte van die Mosselbaai-polisie, was daar geen geweld tussen lede van die polisie en die publiek nie.
Die Mosselbaai-munisipaliteit se brand-, redding- en rampbestuur-dienste se hommeltuig is ook beskikbaar gestel om die polisie te ondersteun.
"Ook is daar nie wesenlike probleme ondervind om die groot aantal polisiemanne operasioneel te bestuur nie. Almal is baie tevrede met die afloop van die operasies in die area". Kolonel Lionel Kennedy van die Tuinroete Distrik (George) en lt-kol Seppie September, bevelvoerder van die Mosselbaai-polisiestasie, het hulle dank uitgespreek teenoor die buurtwagte, gemeenskapsforums en sekuriteitsmaatskappye wat gehelp het om die operasies suksesvol uit te voer.
Die Mosselbaai-munisipaliteit se brand-, redding- en rampbestuur-dienste se hommeltuig is ook beskikbaar gestel om die polisie te ondersteun.
Vorige artikel: Groot hoeveelhede dwelms tydens polisie-optrede gevind
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'