Update
MOSSELBAAI NUUS - Tydens die hoë sigbaarheid-polisiëringsveldtogte wat Donderdag en Vrydag, 5 en 6 Januarie in die Mosselbaai-gebied uitgevoer is, is dwelms met 'n geskatte straatwaarde van R315 600 gekonfiskeer.
Volgens die polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sersant Chris Spies, is daar beslag gelê op heroïen, mandrax en 'n groot hoeveelheid tik.
'n Groot bedrag kontant wat die opbrengs van moontlike onwettige aktiwiteite is, is ook gevind. Honderde daggaplante en groot hoeveelhede alkohol is gekonfiskeer. Die Provinsiale Polisiekommissaris van die Wes-Kaap, luitenant-generaal Thembisile Patekile, was vol lof vir die toewyding waarmee ontplooide polisielede die SFS-operasies (Safer Festive Season) uitgevoer het en vir die groot hoeveelhede dwelms waarop daar beslag gelê is.
Vorige artikel: Sigbare Polisiëringsoperasies in Mosselbaai is baie suksesvol
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'