Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Suid-Afrikaanse Polisie onder leiding van Distrikskommisaris, generaal-majoor Norman Modishane, het weer vandag in die Mosselbaai-omgewing operasies uitgevoer as deel van hul hoë sigbaarheid-polisiëringsveldtog regoor die Tuinroete streek.
Die inisiatief word die Safer Festive Season (SFS) genoem en is deel van die veldtog "More boots on the ground towards enhanced police visibility".
FOTOGALERY: ''Safer Festive Season (SFS)'' - Veldtog
Volgens adjudant-offisier Pieter Koekemoer, kommunikasiebeampte van die Mosselbaai-polisie, was daar geen geweld tussen lede van die polisie en die publiek nie. Almal is baie tevrede met die afloop van die operasies in die area.
Die operasies wat vandag in Mosselbaai-omgewing uitgevoer is, word beskryf as 'n groot sukses. Geen wesenlike probleme is ondervind om die groot aantal polisiemanne operasioneel te bestuur nie. Almal is baie tevrede met die afloop van die operasies in die area.
Kolonel Lionel Kennedy van die Tuinroete Distrik (George) en lt-kol Seppie September, bevelvoerder van die Mosselbaai-polisiestasie, het hulle dank uitgespreek teenoor die buurtwagte, gemeenskapsforums en sekuriteitsmaatskappye wat gehelp het om die operasies suksesvol uit te voer.
Die Mosselbaai-munisipaliteit se brand-, redding en rampbestuurdienste se hommeltuig is ook beskikbaar gestel om die polisie te ondersteun.
VIDEO - “More boots on the ground towards enhanced police visibility”operasies (Video: Alet Engelbrecht).
VIDEO - Hoe dagga in verskillende ander dwelms gebruik word (Video: Alet Engelbrecht).
VIDEO - Lindie Edwards verduidelik die belangrikheid van sigbare polisiëring (Video: Alet Engelbrecht).
VIDEO - Paul van Zyl en Gibbs Alberts verduidelik die rol wat private sekuriteitsmaatskappye speel (Video: Alet Engelbrecht).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'