Update
MOSSELBAAI NUUS - Die jong paartjie wat gistermiddag in ‘n botsing by Boland Park betrokke was, is oorgeplaas na ‘n hospitaal waar hulle verdere behandeling sal ontvang.
Volgens ‘n familielid, het beide die 27-jarige man en sy 23-jarige vroue, verskeie beenbreuke opgedoen.
Volgens inligting, het die paartjie met hulle motorfiets teen ‘n voertuig gebots wat ‘n U-draai op Louis Fourie-weg uitgevoer het.
Die paartjie, inwoners van Mosselbaai, is op 27 Desember 2019 getroud.
‘n Saak van roekelose en nalatige bestuur word deur kst Ayabonga Lolo van die Da Gamaskop-polisie ondersoek.
Lees 'n vorige artikel: Botsing op Louis Fourieweg
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'