Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 65-jarige vrou van Hartenbos Heuwels wat Sondag, 13 Mei op Moedersdag in hegtenis geneem is nadat sy glo haar 67-jarige man met ‘n mes gesteek het, het vandag voor die hof in Mosselbaai verskyn.
Na bewering het die paartjie ‘n onderonsie by hulle woonstel in Essenhoutstraat gehad, waarna die vrou haar man glo met ‘n kombuismes gesteek het.
Die man, Willem van Aswegen, het later in die Life Bayview-hospitaal aan die steekwond in sy bors beswyk.
Die beskuldigde, Sara van Aswegen, is op waarskuwing vrygelaat en sal weer op 19 Junie voor die hof verskyn.
Lees 'n vorige artikel: Moord op Moedersdag
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'