MOSSELBAAI NUUSFLITS - ‘n Vyf-en-sestigjarige vrou van Hartenbos Heuwels is tans in aanhouding by die Da Gamaskop-polisiestasie nadat sy gister in hegtenis geneem is vir die moord op haar man.
Volgens inligting verskaf deur die polisie, het die vrou haar 67-jarige man omstreeks 15:00 op Sondag 13 Mei in hulle woonstel in Hartenbos Heuwels met ‘n mes in die bors gesteek.
Die man is deur ‘n buurman na ‘n plaaslike hospitaal geneem waar hy later aan sy wond beswyk het.
Die oorledene se identiteit kan nog nie bekend gemaak word nie aangesien sommige van sy famililede nog nie van sy dood in kennis gestel is nie.
Die vrou sal môre voor die hof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'