Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEOS - Inwoners van Mosselbaai is besig om na die Mosselbaai-munisipaliteit op te ruk.
Inwoners betoog teen onder meer munisipale tariewe, korrupsie en behuisingkwessies.
Die polisie se openbare orde-eenheid is op die toneel.
Intussen het dit bekend geraak dat voetgangers vanoggend by Asla Park deur betogers geïntimideer is.
Verskeie inwoners het aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat daar nie taxis vir hulle vanoggend beskikbaar was nie.
Die voorsitter van die Mobta taxivereniging en die uNceda taxivereniging het egter in ‘n verklaring aan taxioperateurs gesê, dit is hulle keuse of hulle wil voortgaan met dienslewering.
“Die betoging word gedryf deur raadslede wat die gemeenskap gebruik. Hierdie is politiesgedrewe en het niks met die gemeenskap te doen nie.”
Betogers gaan ‘n memorandum aan die munisipaliteit oorhandig.
Strate wat deur die optog beinvloed sal word sluit in: Crotzstraat, Mayixhalestraat, Bill Jeffery-rylaan, Mosselstraat, Melkhoutstraat, Alofrylaan en Marshstraat.
Die optog sal tot 13:00 duur. Kerkstraat en Kaapweg sal vir ‘n geruime tyd gesluit wees.
Foto: Jannie du Plessis
VIDEO - Betogers in aksie (Video: Jannie du Plessis, Mossel Bay Advertiser).
VIDEO - Optog aan die gang (Video: Jannie du Plessis, Mossel Bay Advertiser).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’