MOSSELBAAI NUUS - Die NG Moedergemeente Mosselbaai sê ’n week se harde werk en baie voorbereiding het op Saterdag 6 Junie ’n suksesvolle Dankfees-basaardag tot gevolg gehad.
Daar is vooraf vleis bewerk, gebak en gebrou en soveel meer om uiteindelik die dag se verrigtinge glad te laat verloop. “Baie dankie aan elkeen wat dit moontlik gemaak het,” sê die kerk.
Daar was werklik iets vir elkeen - heerlike kos, smullekker poedings, pret aktiwiteite vir die kinders, gehalte vleis en, vir die avontuurlustiges, ’n 5 km- of 10 km-wedloop. Blackie Swart het ook sangvermaak verskaf.
Die wenners van die 10 km-wedloop was:
• Veterane: Hartenbos-drawwers se Liebe van Rensburg en Karel Burger
• Ope afdeling: Valentino Loggenberg (Rainbow-atletiekklub)
• Juniors: Khanyiso Pietersen en Jana Lötter (Meyerton-atletiekklub).
Hartenbos-drawwers se Liebe van Rensburg en Karel Burger.
Wayne April (Nedbank), Valentino Loggenberg en Khanyiso Pietersen.
Juniorwenners Khanyiso Pietersen en Jana Lötter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’