Update
MOSSELBAAI NUUS - Die polisie is opsoek na ‘n 53-jarige verdagte wat vermoedelik verbind kan word met die moord op die negejarige Jacorine Vaaltyn en die tienjarige Sharon Arries van Albertinia.
Die twee liggame van die meisies is gisteraand, op Donderdag, 22 September by die woning van die verdagte in Jan Fiskaalstraat op Albertinia ontdek.
Polisiewoordvoerder Kaptein Malcolm Pojie sê die grusame ontdekking is om ongeveer 18:30 gemaak enkele ure nadat die twee meisies as vermis aangemeld is.
Pojie sê die liggaam van die een slagoffer is onder ‘n bed gevind en die ander liggaam in ‘n blou plastiekdrom. Beide liggame was met lakens toegedraai.
‘n Nadoodse ondersoek is vandag op die oorledenes in George gedoen. Beide slagoffers is weens versmoring dood en daar was glo sand in elk se lugweg. Die meisies is vermoedelik gelyktydig vermoor.
Volgens Pojie is daar geen sigbare tekens van seksuele geweld nie.
Die voorval word deur die Mosselbaai polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe ondersoek. Die Albertinia-polisiestasie ondersoek twee sake van moord.
Vorige artikel: Ligame van nege- en tien-jarige meisies gevind
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'